Life

Mamma’s is engele van Jesus af.

Ek het laas jaar vir my ma se verjaarsdag vir haar ietsie geskryf. Dit is heeltmal nogsteeds gepas en ek wil dit weer vir haar gee vir Moedersdag. Ek is seker sy het al vergeet wat ek als gelees het. Jy weet, ouderdom.  (-Lief vir Mamma)

Ek het ook belsuit om ietsie anders te doen siende dat ons nou nogsteeds in lock down is in Suid Afrika. So, ek het vir Vonkel gevra om ‘n foto van my, my ma en my sussie te teken.

Ek kan nie vir my ma blomme stuur nie, maar ek kan elektronies iets spesiaals vir haar gee. Wanneer ons dan eendag weer vrygelaat word, sal ek dit raam en vir haar persoonlik gaan gee met baie drukkies.

20200508_111534

Gelukkige Moedersdag Mamma. Mens sê nie altyd genoeg dankie nie. So hier is ‘n dankie van my vir dit wat Mamma vir ons opoffer. Dankie vir mamma se liefde.

Gelukkig moedersdag! (1)

Ek het nie net my ma nie, maar my liefste skoonma ook. Ons brei saam, ons lag saam, ons drink koffie saam en somtyds maak ons planne saam.

Dankie vir Ma.

Ek het vir Etienne gevra om ietsie spesiaals vir haar te skryf.

Etienne_en_Elre_435

My ma, ek kan regtig nie sê hoeveel jy vir my beteken het deur al die jare nie. Al die kere waar ma jouself heel laaste in die ry gesit het sodat ons kinders en pa iets kon kry wat ons nodig gehad het.

Dankie, Dankie vir al die kere wat ma my gehelp gesond word het. Selfs toe ek al in my 30’s was en in die motorfiets ongeluk was, kon ek vir ma vra om my te kom help.

Nou raak ek oor ‘n paar dae 40, maar ek weet dat al is ek nou al getroud sal ma my altyd help waar jy kan. Daarvoor wil ek vir ma dankie sê, dankie dat maak nie saak wat gebeur nie, ma my altyd lief het.

Jammer vir die kere waar ek ma teleurgestel het.

Ek is vir ma baie lief en wens so dat ons Ma se 75ste later die maand met ‘n lekker gesins ete kon vier, maar heellaas sal dit moet wag tot die kiem verby is.

Ons gaan beslis nog kamp later vanjaar.

Gelukkig Moedersdag my ou Moeder.

Lief vir jou.

Gelukkige Moedersdag aan al die mamma’s. Julle is superheroes!

 

 

 

One thought on “Mamma’s is engele van Jesus af.

Leave a Reply to thetinypotager Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s